Bookmark : https://www.netafim.co.za/knowledge-centre/blog/die-salm-van-die-wynindustrie/?id=134&entryId=124
Skip to : [Content] [Navigation]

Knowledge Centre


Back

Die salm van die wynindustrie

12 Apr 2016


Toe Briaan Stip 22 jaar gelede in die wynindustrie begin werk het, was daar toe reeds een ding wat hom onderskei het van die res, sy kleintjie dood aan mites! Hierdie vermoeë om die status quo vanuit ‘n ander oogpunt te beskou, het vir Briaan soms moeilike besluite laat neem. Besluite wat hom vandag elke oggend steeds laat opstaan met die ambisie om as die land se mees suksesvolle wingerdboukundige eendag af te tree.

Briaan het ‘n leergierige gees. So het iets wat hy jare terug in Australie gehoor het hom so beinvloed dat hy elke tegniek wat hy vandag in die wingerd toepas, daarteen opweeg. Volgens Briaan het ‘n wyse man in die Australiese wynindustrie hom geleer dat ‘n wingerdstok sy natuurlike balans moet kry, “Hy het gesê dat sodra jy moet baklei met ‘n wingerdstok, is daar iets verkeerd”. Briaan het toe wyer gekyk en navorsing gedoen oor verskillende metodes om optimale resultate te kry. Dit het gelei tot ‘n groot klem verskuiwing na die effek van besproeiing en alternatiewe lowebestuur. Die “Erasmus-stelsel” is tegnologie wat gevloei het uit die waagmoed van die Robertson wynboere en baie navorsing saam met ‘n leier boer soos Hannes Erasmus. Hierdie metode word nou reeds vir meer as 10 jaar suksesvol toegepas. Die volgende golf van meganisasie is tans in evolusie fase en gaan verandering verg nie net in die wingerd nie, maar ook in die kelder. Dit is sulke uitdagings wat Briaan opgewonde maak oor die toekoms van die industrie.

“Die uitdaging bly steeds om ‘n goeie produk teen die regte prys op die mark te kry.” Briaan beklemtoon dat hierdie industrie kaptiaal intensief is en juis daarom moet innovasie omarm word. Met dapper pas-aangeërs soos Briaan, is die industrie verseker van groot spronge in die wêreld mark in die toekoms! Netafim is trots om met innoveerders soos Briaan Stip saam te kan werk.


Staff login