Bookmark : https://www.netafim.co.za/knowledge-centre/blog/baanbreker-waagmoed/?id=134&entryId=130
Skip to : [Content] [Navigation]

Knowledge Centre


Back

Baanbreker waagmoed

13 May 2016

Hannes Erasmus se wortels lê diep en wyd op hulle familieplaas, Wansbek in Robertson. Hy en sy seun JC boer tans saam op dieselfde grond waar sy familie reeds vir die afgelope 210 jaar boer. Hierdie ryk nalatingskap het hom egter nie gemaklik gelaat nie.  Sy liefde vir boerdery en sy toewyding aan vernuwing het verseker dat die Suid-Afrikaanse wingerdbedryf vandag  nuwe tegnologie ryker is.

Dit het alles begin met ‘n toer in 2000 na Australië. As gas van Netafim het Hannes verskillende opleistelsels gesien wat ongelooflike resultate lewer en boerdery vergemaklik. Met sy terugkoms het hy hierdie kennis toegepas en gedeel. Dit het durf en waagmoed gekos om ‘n gemeganiseerde stelsel te implementeer wat op daardie stadium totaal anders was as standaard praktyke.

Die resultate het egter vir hulself gepraat. Vele toekennings later asook puik opbrengste het gelei tot ‘n eg Suid-Afrikaanse ontwerp wat vandag as die ”Erasmus-stelsel” in die streek bekend staan. Hy het onlangs ook die VinPro/Winetech toekenning ontvang vir die beste wingerdblok in die Robertson area. Hannes se waagmoed lê nie net by die meganiese opleistelsels nie, maar ook om sy plaas oop te maak vir navorsing.

Twee van die beste Suid-Afrikaanse navorsingsprojekte op drupbesproeiing is die afgelope paar jaar op sy  plaas gedoen. Met sy visie wat wyer strek as net sy streek, het hy dus toegang tot die nuutste tegnologie en navorsing. Hannes stel dit so, “kennis wat gedeel word, is mos kennis wat voortleef".  Ons moet oop bly daarvoor om met mekaar en by mekaar te leer. Sodoende groei ons die industrie.” 

Netafim is trots om deel te kan wees van Hannes se merkwaardige pionierskap. Hy het die weg gebaan vir vernuwing en as ‘n resultaat is hy vandag ‘n leier boer.


Staff login